1997

Akademie Reformia open sy deure vir die eerste keer op 14 Januarie 1997 – by die Gereformeerde kerk Suid-gemeente. Daar was 6 onderwysers en 32 leerlinge met Mnr. Willem Dickenson as waarnemende hoof. 

1997 - 2001

Mev. Jakkie Myburgh het van Julie 1997 tot Januarie 2001 as hoof waargeneem.

2001-2005

 Mev. Venita de Kock is in Februarie 2001 as ons skool se eerste volwaardige hoof aangestel. Sy was ons skool se hoof tot en met 2005.

2005

Mev. Marietha Nel neem waar as hoof tot Desember 2005. 

2006

Mev. Vonkie Dickinson het in 2006 as hoof waargeneem.


2007

Mev. Marietha Nel word ons tweede volwaarde hoof in Januarie 2007-2016. Juffrou Marietha soos ons haar ken, het vir tien jaar ons skool opgebou. Sy het ook met die hulp van ouers en onderwysers in 2008 ‘n hoërskool begin. Ons terrein was egter te klein en geld te min en daarom is die hoërskool se deure 2012 gesluit.

2015

Na vele fondsinsameling-projekte, vergaderings en baie harde werk verhuis Akademie Reformia amptelik na hulle nuwe perseel in Akademiestraat, langs Veldspaatstraat, in Januarie 2015. 19 Januarie 2015 open die skool op die nuwe terrein met die pragtige groot sportveld. Die ouers en Juffrou Marietha en haar gesin het eiehandig die skool gebou.

2016 - 2022

Mnr. Hennie Combrink word die eerste manlike en derde volwaardige hoof in Januarie 2016 – April 2022.

2022 - Tans

Daarna het Mev. Natasha Fourie waargeneem van April 2022 tot Oktober 2022. Mev. Fourie word aangestel as die vierde volwaardige hoof in Oktober 2022 tot huidiglik.

Akademie reformia bied:


  • ‘n Skool wat onafhanklik van die staat funksioneer.
  • Bystand aan verbondsouers om hulle doopbelofte teenoor God na te kom.
  • Uitstekende akademiese onderrig.
  • ‘n Kleuterskool op die skoolterrein met naskoolfasiliteite en vakansiesorg.
  • ‘n Nasorgsentrum vir leerlinge tot 17:10
  • Kultuur - Redenaars, Eisteddfod, Rapportryers, Koor, Klokkies, Reffie Rym en Ritme
  • Sport - Atletiek, Bulletjierugby, Rugby, Mini-netbal, Netbal, Landloop, Fietsry, Mini-hokkie, Hokkie
  • Ekstra vakke - Robotika, Slim keuses, Bybel, Geloofsleer,
  • Buitemuurs op ons terrein - Voortrekkers, Tennis, Ballet, Witjassies, Brain gain.
  • Georganiseerde skoollewe waar u kind in geborgenheid aangespoor word tot optimum prestasie.



EKSTRA VAKKE

  • Robotika
  • Slim keuses
  • Bybel
  • Geloofsleer


Die naam Akademie

Reformia

Reformia verwys na die gereformeerde grondslag -voortdurende terug na die skrifwaarhede, maar dit verwys ook na vernuwende denke ten opsigte

van die onderwys.


SKOOLWAPEN

-Simboliek-

Die twee olyftakkies: staan vir ons kinders

Die ligstrale: beteken dat ons moet straal met die kennis van die Woord van God

Die Bybelboek: ons put krag uit die Woord van God.



Doelstelling


Elke kind te sien as ‘n unieke skepsel van God.

Te aanvaar dat elke kind in sonde ontvang en gebore is, maar ook

deur die bloed van Jesus Christus van sy sonde verlos is.

Te glo dat elke kind onder leiding van die Heilige Gees ‘n

vrugbare lewe tot eer van God kan lei.

In ons beoefening van die wetenskap die lig van die Bybel te

laat skyn.

Ons Christenskap prakties uit te leef soos wat dit deur die Drie

Formuliere van Eenheid (Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenisen die Dordtse Leerreëls) verduidelik word.

Aan die leerlinge ‘n edele werksetiek voor te hou gemotiveer

deur die wete dat alles wat ons doen tot eer van God gedoen moet word.

Tot voordeel die beste onderrig in hul moedertaal naamlik

Afrikaans.

Leerlinge hiervandaan die lewe in te stuur met volle

menswaardigheid en ten volle toegerus om met ‘n Christelike

lewens- en wêreldbeskouing hulle plek in die samelewing te gaan volstaan.

Om groter ouerbetrokkenheid te bewerkstellig deur volgehoue

skakeling.

Gesonde finansiële beplanning en beheer te alle tye toe te pas.

Hoë standaarde op akademiese, kulturele en

sportgebied na te streef.


Die skoollied


Waar die eerste goud ontdek

is en die Bosveldwinde waai,

waar haakdoring en waaigras

onder blou lug swaai en draai,

het ons rotsvas fondamente,

digby Ysterberg se rand,

is ons hier gebind deur

keuse, is een geloof ons band.

 

Akademie Reformia, aan God alleen die eer.

Gemotiveer en toegerus, ons

kennis word al meer

Soli Deo Gloria in huis en skool en kerk

Reformia, in diens van God

vir elke goeie werk

 

Ons is jong olyfboomtakkies,

in ons wese die verbond

met die Woord van God as

basis in die belofte vas gegrond

in ons harte blink die

goudstof van die ligstraal uit die Woord

en in ons taal, in ons

kultuur, gaan ons vasberade voort.

 

Akademie Reformia, aan God alleen die eer

Gemotiveer en toegerus, ons

kennis word al meer

Soli Deo Gloria in huis en skool en kerk

Reformia, in diens van God

vir elke goeie werk

-Musiek & toonset Mev Bessie Jordaan 1998-

ONS LEUSE

SOLI DEO GLORIA -

aan God alleen die eer. 

VISIE

Om Christelike onderwys en

opvoeding te verskaf met die onfeilbare Woord van God as grondslag.

MISSIE

Akademie Reformia is ‘n ouerskool wat in 1996 gestig is. Hierdie

skool is gestig om ouers volgens Skrifbeginsel die geleentheid te bied om hul doopbelofte na te kom.  Dit beteken dat ouers die primêre opvoeders van hul kinders is, en bly. Daarom bied ‘n ouerskool soos Akademie Reformia aan ouers die geleentheid om die Christelike

gees en karakter van ons skool te bepaal.

By Akademie Reformia handhaaf ons die gesag van die Bybel oor die hele lewe.