Die Waterstroomreeks is ‘n Christelike waardegedrewe kurrikulum. ‘n Kenmerk van hierdie handboeke is dat Bybelse norme en waardes geïntegreer word in al die vakke. Akademies voldoen die inhoud aan meer as die KABV vereistes.

Leerders word gelei na ʼn grondige kennis en begrip van vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle gawes en talente die nuwe

kennis in diens van God en die gemeenskap te kan aanwend.

Hierdie drie hoofwaardes is:

●       Godsaanskouing

●       Mensbeskouing

●       Skeppingsbeskouing


Elke hoofwaarde word in die leerinhoud verwerk sodat die leerling onderstaande drie vrae kan beantwoord:

●       Wie is God? (Openbaring)

●       Wie is ek? (Mensbeskouing)

●       Wat moet ek doen? (Roeping)


ICO

Ons skool behoort aan ‘n organisasie ICO

wat voorheen as ARSO bekend gestaan het. 

Dit is ‘n organisasie wat na die Christelike grondslag van ons skoolwerk omsien.