Graad 1-3 | Graad 4-7 | |
|---|---|---|
Maandag | 07:10- 13:30 | 07:10-14:00 |
Dinsdag | 07:10 – 14:30 | 07:10 – 14:30 |
Woendag | 07:10- 13:30 | 07:10-14:00 |
Donderdag | 07:10 – 14:30 | 07:10 – 14:30 |
Vrydag | 07:10 – 13:00 | 07:10 – 13:00 |
GEDRAGSKODE VIR LEERLINGE
Indien ons as skool reëls sou moes neerlê vir elke moontlike oortreding, sou die dokument lank en lywig wees en in elk geval skuiwergate laat. In plaas daarvan om “moets en moenies” te lys, wil ons verwagtings daarstel om na te streef met die hulp van die Heilige Gees en deur samewerking met die huisgesin en verantwoordelike gemeente. Akademie Reformia se verwagtings berus op Jesus se woorde in Matteus 22: 37 – 39:
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
1.“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.”
✔ Ons aanbid slegs vir God, die Drie-enige. Dit
is belangriker as mag of besittings. Ons fokus
op God, neem deel aan lofprysing en leer uit Sy
Woord.
✔ Omdat die Naam van God heilig is, misbruik
ons dit nie. Ons praat liefdevol van en met God.
✔ Ons aanvaar geen ontheiliging, obsene taal of
tekens, of oneerbiedigheid van en teenoor die
Woord van God of sy Skepping nie.
✔ Ons onderrig onderdanigheid aan die gesag
van ouers, onderwysers en ander wat God oor
ons aanstel. Ons respekteer ons ouers en
verwag van leerlinge om hoflikheid, respek en
gehoorsaamheid teenoor personeel en
studenteleiers te toon.
2. “Jy moet jou naaste liefhê”
Ons siening van naasteliefde is:
✔ Waarheidsgetrou – ons sal altyd die
waarheid praat.
✔ Eerlik – dit is sonde om enigiets te neem wat
nie aan jou behoort nie – ons mag nie steel
nie. Jy moet getrou wees aan jou woord.
✔ Goedhartig – ons gedagtes, woorde en dade
mag nie hatig of kwetsend wees nie. Ons
verwag bedagsaamheid, deernis,
vergewensgesindheid eerder as bitterheid.
✔ Eerbiedig – ons respekteer ons personeel,
studenteleiers, portuurgroep en jonger
kinders.
✔ Rein – ons gedagtes, woorde en dade sal rein
wees, sonder enige seksuele onkuisheid of
vuil taal.
✔ Tevrede – ons is in alle omstandighede
dankbaar teenoor God vir alles wat Hy vir ons
gee en pas ons fasiliteite en eiendom goed
op. Ons moedig ‘n gees van aanvaarding aan.
3. “Liefde vir jouself”
✔ Ons erken dat ons liggame tempels van die
Heilige Gees is en sal dit nie skade berokken
deur:
✔ Seksuele losbandigheid
✔ Middels te misbruik (bv. dwelmiddels, rook
en alkohol),
✔ Skending van die liggaam
(bv.eetversteurings) nie.
Ons sal leerlinge wat hiermee probleme ondervind,
aanmoedig om Christelike berading te ontvang.
✔ Ons toon selfrespek deur:
✔ Ons skooldrag op die korrekte manier te dra;
✔ Akademiese werk van hoogstaande gehalte
te handhaaf deur:
o Klas- en tuiswerkopdragte na die beste van
ons vermoë te voltooi;
o Ons klaswerk, tuiswerk en opdragte betyds
in te lewer;
o Al die nodige boeke en skryfbehoeftes in
die klas te hê;
✔ Deelname aan die skool se liggaamlike
opvoedingsprogram, asook die buitemuurse
program – met ‘n positewe gesindheid.
✔ Respek sluit in:
✔ Volwassenes groet
✔ Besoekers aan die skool groet
✔ Betyds wees vir klasse, skoolfunksies en
–byeenkomste
✔ Hulp en diens aan ander
✔ Erkenning aan ander se unieke, Godgegewe
talente en gawes.
DIE IMPLEMENTERING EN PRAKTIESE TOEPASSING VAN DIE STELSEL:
‘n Verslagstelsel word gebruik by Akademie Reformia om gedragsuitvalle betyds te identifiseer en te hanteer, asook om goeie gedrag en werk te beloon.
‘n Leerling word dus gepenaliseer met ‘n inskrywing indien hy/sy ‘n kategorie een, twee of drie oortreding begaan. Die leerareaonderwysers is verantwoordelik om gesonde oordeel te gebruik wanneer leerlinge met ‘n inskrywing gestraf word. Die rekord met oortredings word ook aangewend met intervensie en ook op die leerling se profielkaart. ‘n Volledige lys met kategorie oortredings sal aan elke leerling en ouer beskikbaar wees. Kortliks net ‘n omskrywing van die kategorie oortredings:
Kategorie 1 : Hierdie oortredings hou verband met die leerling se skoolwerk. Met verwysing na voorbeelde soos huiswerk, kurrikulêre opdragte wat nie uitgevoer is nie, boeke nie by die skool nie, ens.
Kategorie 2: Oortredings ten opsigte van ontoelaatbare gedrag of optrede.
Kategorie 3: Oortredings van ‘n ernstige morele aard wat onmiddelike ingryping noodsaak. Met verwysing na oortredings van ernstige vernielsug, uiterse aggressie, diefstal, ens. Die proses wat in geval van bogenoemde kategorie sal gevolg word: