AANSOEKPROSEDURE

Toelatingsvereistes

Toelating tot Akademie Reformia is onderhewig aan die goedkeuring van die Bestuursliggaam nadat ‘n onderhoud met die voornemende ouers gevoer is.

Aansoeke van kinders wat nie uit Reformatoriese ouerhuise kom nie, sal op meriete deur die bestuur oorweeg word.

 

Aansoekprosedure 

Aansoekvorm word voltooi, met volgende dokumente aangeheg,

· Geboortesertifikaat of identiteitsdokument van die kind

· Laaste vorderingsverslag / rapport

· Bewys van woonadres waar leerder woon

· Afskrifte van beide ouers se ID-dokumente;

· Afskrif van mediesefondskaart

· Getuigskrif van kerk

Na ontvang van aansoek word ‘n afspraak bevestig met die hoof en bestuur vir ‘n ouergesprek. die voornemende leerling skryf dan ook ‘n toelatingstoets.

Na suksesvolle aansoek, ontvang u ‘n finale inskrywingsvorm en gedragskode vir ondertekening.