KLEINBEGIN INLIGTING

Ons kinders is lewende boodskappe wat ons die toekoms instuur. Opvoeders beïnvloed die ewigheidswaardes van u kleuter en daarom is dit die etos van ons skool om te verseker dat u keuse, die regte keuse vir u kleuter sal wees. By Kleinbegin poog ons bekwame leerkragte om ‘n omgewing te skep waar kleuters geborge voel, hier word kreatiewe idees, oplossings en benaderings speel-speel gevorm. Christelike waardes is die fondasie is waarop ons bou. Die gesindheid en gesag van die ouerhuis word uitgebou en so word ‘n tweede tuiste vir u kosbaarste geskenk geskep. Alle groot suksesverhale het “klein” begin!


SKOOLTYE

Maandag tot Vrydag: 6:40 tot 13:00

Wagklas tot 14:00

NASKOOL :14:00 tot 17:15

VAKANSIESORG: Vakansiesorg is regdeur die jaar beskikbaar. Ons sluit slegs vanaf 15 Desember totdat die skool in Januarie

open.

AKTIWITEITE

Die volgende aktiwiteite is by die skoolfonds ingesluit:

✔   Musiek

✔   Bak & Brou

✔   Skattejag

✔  Wetenskap

✔  Kuns

✔   Kwanda

✔   Kinderkinetika:'n Neuro-sensories motoriese

stimulasie kurrikulum

✔   Robotika

✔   Bulletjierugby (Gr.R)

✔   Mini-hokkie (Gr.R seuns en meisies)

TASSE

Tasse moet groot genoeg vir alle besittings en ‘n A4 koevert wees, pak daagliks die volgende in u kleuter se tas:

    Twee stelle skoon onderklere & klere

(gepas vir die seisoen)

    Voedsame kosblik met ñ lepel indien jogurt ingepak

word

    Beperk lekkergoed en gaskoeldrank

    Een bottel vars drinkwater, maak gebruik van bottels

met 'n tuit soos oros bottels ipv toedraai bottel, die

bottels val maklik om in die klasse en veroorsaak ‘n

groot gemors

    Plastieksakkie vir vuil klere

    Sonroom.

Stuur poskoeverte terug skool nadat pos ontvang

is & gaan u kleuter se tas daagliks deur.

ETES

MUISE (jonger as 3)

✔     7:30-8:00 ontbyt (pap)

✔     9:30 broodjie, gesnyde vrug en koeldrank 12:00 middagete

✔     15:00 kosblik (naskoolmaats)

BEERTJIES, PIKKEWYNE EN GRAAD R (3 tot 6 jaar)

✔     9:30 broodjie, gesnyde vrug en koeldrank

✔     12:00 middagete

✔     15:00 kosblik (nasskoolmaats)

MIDDAGETE

Halfdagmaats bring hul eie kosblikke of etes kan vir u eie rekening vooraf bestel word @ R 35 per ete.

Voldagmaats ontvang 'n gekooktemiddagete, fooie is by die naskoolfooie ingesluit. 'n Kosblik word ingepak vir 'n vesnappering laatmiddag (ongeveer 15:00).

SNOEPIE

Vrydae is snoepiedag: snoepiegeld is by die skoolfons

ingesluit.

PRET  & PLESIER

Verskei pretdae word deur die jaar by die skool aangebeid soos inrydag, pannekoek en pajamadag, varkiedag, 'n lentepiekniek en nog vele meer, inligting word per WhatsApp deurgegee!

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Buitemuurse aktiwiteite word by die skool aangebied in

skooltyd vir u eie rekening. Hierdie dienste is vir u gerief beskikbaar maar

nie verpligtend nie.

      Ballet aangebied deur "Dancing with Chelle"

      Witjassies

      BrainGain (Gr.R)

KLEREDRAG

  Trek gemaklike ou klere aan.

 Dogtertjies trek asb ñ kortbroek/"ski pant" onder rokkies en

rompies aan & maak dogtertjies se hare netjies vas.

  Kleinbeginhempies(Bestellings word Januarie geplaas elke jaar)

word met instappies, saalopening en sportdae gedra. 

  Vrydae trek ons gekleurde klashempies aan

(Bestelling word Februarie geplaas elke jaar).

  Kleinbeginhemp-en klashemp word by Juffrou bestel.

✔  ‘n Sonhoed bly in die klas.

ALGEMEEN

 ✔     Verjaarsdae is baie belangrik vir ons kleuters en ons wil hulle graag spesiaal laat voel. Stuur gerus iets saam skool toe met u kleuter se verjaarsdag.

✔     Kleuters word aangemoedig om hulle tasse self te dra. Dis baie belangrik dat ons Pikkewyne (Gr RR) en Gr R-kleuters self skool toe stap vanaf die swart

hekkie.

✔     Vermy dit om u kleuter te dra, stewige voetjies laat hulle met selfvertroue optree.

✔     Hou asb die groet kort, dit verminder trane.

✔     Indien daar enige iets by die huis gebeur het wat u kleuter moontlik onstel, maak nie saak hoe gering nie, stel ons asseblief in kennis.

✔     Stuur asseblief u kleuter met kaal voetjies skool toe en smeer sonroom in die warm maande.

✔     Sien asseblief toe dat u kleuter geen speelgoed skool toe bring nie.

✔     U is almal op ‘n whatsapp-groepie, inligting sal soos nodig aan u deurgegee word.

✔     U is altyd welkom om u klasjuffrou te kontak indien u onseker is oor iets. Gedurende skoolure is juffrou se eerste prioriteit haar klasmaats en geniet hulle haar volle aandag. Daar word op boodskappe gereageer wanneer dit geleë is en nie inbraak maak op klasmaats & gesinstyd (laataand en naweekboodskappe). Kontak asb die ‘n kantoor indien daar dringende kommunikasie is waarop nie reageer word nie.

✔     Ons maak gebruik van ‘n Toep om belangrike inligting en kommunikasie te deel, die skakel is by u klasjuffrou beskikbaar.