By Akademie Reformia handhaaf ons die gesag van die Bybel oor die hele lewe
Akademie Reformia is ‘n ouerskool wat in 1996 gestig is. Hierdie skool is gestig om ouers volgens Skrifbeginsels die geleentheid te bied om hul doopbelofte na te kom. Dit beteken dat ouers die primêre opvoeders van hul kinders is, en bly. Daarom bied ‘n ouerskool soos Akademie Reformia aan ouers die geleentheid om die Christelike gees en karakter van ons skool te bepaal.
Uitnemende reformatoriese onderrig vir ‘n volkome toegeruste lewe tot eer van God.
Akademie Reformia bestaan uit ‘n kleuterskool met die naam Kleinbegin en ‘n laerskool.
Ons beheerliggaam is ‘n groep gekwalifiseerde en bekwame individue wat streef om die skool te groei en die leerders se belange eerste te stel.
Portefeulje: Tesourier
Beroep: Sakeman
Belangstellings: Hardloop en buitelewe
Visie vir Akademie Reformia: Om 'n veilige en Christelike omgewing te skep waar ons kinders geleer en onderrig kan word
Portefeulje: Bemarking en Fondsinsameling
Beroep: Tandarts
Belangstellings: Buitelewe, groot passie vir die plaas en akkerbou aktiwiteite
Visie vir Akademie Reformia: Dat Akademie Reformia mag groei en versterk vir die toekoms van kwaliteit Afrikaanse Christelike onderwys, gegrondves uit die Woord van God.
Portefeulje: Sekretaresse
Beroep: Boekhoudster
Belangstellings: Lees, visvang en blomme
Visie vir Akademie Reformia: Christelike opvoeding met 'n Christelike verlening van die huis
Portefeulje: Voorsitter, Akademiese sake en Personeel
Beroep: Rekenmeester
Belangstellings: Jag en buitelewe
Visie vir Akademie Reformia: Om ons skool uit te bou na 'n voorkeur opvoedkundige instelling vir Christen ouers waar ons kinders in 'n beskermde en veilige omgewing in die kennis en vrees van ons Skepper onderrig kan word.
Portefeulje: Prokureur
Beroep: Akademie en Personeel
Belangstellings: Gholf en jag
Visie vir Akademie Reformia: 'n Tuiste vir ons kinders waar die Christelike gereformeerde leer met 'n uitnemende akademiese standaard hulle toerus om 'n doelgerigte lewe tot eer van die Drie-Enige-God te leef.
Portefeulje: Skoolterrein onderhouer asook Muis en Beer graadvoog
Beroep: Algemene Bestuurder
Belangstellings: Gholf en buitelug aktiwiteite
Visie vir Akademie Reformia: Om te help en te bou aan die onafhanklike ouerskool wat verbondskinders volgens die Heilige Skrif, soos dit bely word in die Drie Formuliere van Eenheid binne die Afrikanerkultuur onderrig en opvoed.