Ons glo kinders moet in totaliteit ontwikkel, daarom kry die sport ook goeie aftrek. Aan die begin van elke jaar doen ons atletiek, plaaslik en teen ander ICO skole. In die winterseisoen, bulletjie-rugby, mini netbal en groter leerlinge speel netbal en rugby. Derde kwartaal kom mini-hokkie en hokkie vir die groter leerlinge aan die beurt.