By Akademie Reformia gebeur baie aangename en avontuurlike dinge. Daar word elke jaar ‘n konsert in een of ander vorm aangebied. Ons Graad 6, 7 leerlinge besoek die veldskool en leierskapontwikkelingskampe. Die leerlinge neem ywerig deel aan Kunstefeeste en Eisteddfods.